NewsSchools

Toothless help vir Simoniqué om weer te loop

[VIDEO] Simoniqué Promnitz is 'n leerder van Laerskool Pietersburg wat Dinsdag, 29 Oktober saam met haar perd, Toothless, 'n spesiale dans by die skool kom lewer het.

POLOKWANE – Die leerder het ‘n paar jaar gelede albei haar bene in ‘n ongeluk gebreek en weens die feit dat sy in ‘n rolstoel moes wees, depressief geraak. Danksy die hulp van haar perd het sy dit oorkom.

“Ek dink dis belangrik dat mense verstaan dat as iets sou gebeur en jy nie meer kan beweeg of dinge doen soos jy altyd kon nie, is dit meer as net fisies wat ‘n mens aangetas word. Dit raak ook jou familie en vriende en word uiteindelik almal se probleem,” vertel sy.

Ondersteuning is die heel belangrikste om mens te help om deur so iets te kan werk. “As dit nie vir my ma was wat my aangemoedig het en die liefde van my perd nie, sou ek nie vandag kon loop nie,” vertel sy.

Haar raad aan mense wat in moeilike situasies is, is om diere te vertrou en met hulle vriende te maak want hulle help op ‘n manier waarop mense nie kan nie.

Die liedjie waarop sy gedans het se woorde sê basies dat elke mens sy eie kop volg en ‘n wilde perd is wat nie altyd alles wil doen wat hulle moet nie, maar met hulp en leiding maak jy tog die regte besluite ongeag hoe steeks jy soms kan wees nie.

Lees meer in volgende week se Polokwane Review.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button