Suidskool vereer toppresteerders tydens prysuitdeling
Pietersburg Laerskool se jaarlikse prysuitdeling vir graad 3 tot 7 leerders het Maandagaand oudergewoonte vir ‘n stampvol saal gesorg. Ouers het gekyk hoe hul kinders vir hul prestasies in akademie, sport en kultuur beloon word. Die top akademiese leerders in elke graad is aangewys terwyl die wat in kultuur en sport uitgeblink het, ook vir …

Pietersburg Laerskool se jaarlikse prysuitdeling vir graad 3 tot 7 leerders het Maandagaand oudergewoonte vir ‘n stampvol saal gesorg.
Ouers het gekyk hoe hul kinders vir hul prestasies in akademie, sport en kultuur beloon word. Die top akademiese leerders in elke graad is aangewys terwyl die wat in kultuur en sport uitgeblink het, ook vir hul harde werk beloon is.
Die aand is met die prestige-toekennings afgesluit waartydens leerders wat uitnemend presteer het met trofeë beloon is.
Toptoekennings is aan die volgende leerders gemaak: Josua Robinson, Dux-leerder; Amelie Franken, Veritas Kultuur Wisseltrofee; Lohandi Schutte, Atleet van die Jaar, Sportmeisie van die Jaar, Landloopatleet van die Jaar; Ian van der Merwe, Gemeenskapsdienstrofee, Hokkiespeler van die Jaar, Sportseun van die Jaar, Tennisspeler van die Jaar; Emily Lange, Tennisspeler van die Jaar; Damian Bye, Rugbyspeler van die Jaar; Mia de Jager, Netbalspeler van die Jaar; Jaco Willemse, Landloopatleet van die Jaar; JC Holtzhausen, Krieketspeler van die Jaar; Lujandré Koegelenberg, Jukskeispeler van die Jaar; Anria de Beer, Hokkiespeler van die Jaar; Erich Vorsatz, Seunatleet van die Jaar; Shaun Becker, Senior Skaakspeler van die Jaar; Pedrie Janse van Rensburg, Junior Skaakspeler van die Jaar; Rowyn Steyn en Rieke Bosman, Junior Redenaar van die Jaar en Li-Mei Wessels, Senior Redenaar van die Jaar.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com






Junior Skaakspeler van die Jaar.












