NewsSchools

Osie-bloed red lewens en joune kan ook

Het jy geweet jou bloed kan lewens red? Dit is waar as jy jou deel doen en bloed skenk nes die ouers, onderwysers en ondersteuners van Oosskool.

POLOKWANE – Hulle het op Woensdag, 6 November die tyd geneem om bloed te skenk toe die bloedbank ‘n bloedskenk kliniek by die skool se lapa gehou het vanaf 07:00 tot 19:00. Hulle doelwit was om 100 eenhede geskenk te kry, maar kon slegs daarin slaag om 92 eenhede te kry.

Elke skenker het vir ‘n klas geskenk en die klas met die meeste skenkings word beloon.

Soos die vakansie nader kom, raak die skenkings minder en die SANBD pleit by lesers om steeds op ‘n gereelde basies bloed te skenk aangesien die nood vir bloed hoër raak. “Mense reis meer en daar is meer gereeld ongelukke in die vakansie. Dus het ons steeds bloed nodig,” verduidelik Bethuel Mokonyane, invorderings bestuurder.

Wie kan skenk:
• Enige een tussen 16 en 75 jaar vir eerste keer skenkers.
• Enige een met ‘n minimum gewig van 50 kg.
• Enige een wat gesond is.
• Enige een wat ‘n lae-risiko leefstyl het.
• Enige een wat glo hulle bloed is veilig vir skenkings.
• Enige een wat ‘n gebalanseerde maaltyd binne vier ure voor die skenkings gehad het.
• Enige een wat nie in die laaste 56 dae bloed geskenk het nie.

Wie ontvang bloed:
• Pasiënte wat operasies ondergaan.
• Pasiënte met kanker en leukemie.
• Kinders met ernstige bloedarmoede.
• Ongeluk slagoffers.
• Vroue wat behandel moet word vir bloeding as gevolg van komplikasies tydens geboorte.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button