
POLOKWANE – Die keer wat hulle wel beide kan onthou dat Nicole in die haarsalon was, is op 24 Oktober toe sy besluit het om haar lang lokke af te sny en aan Kansa te skenk.
“Ek kyk ‘n storie op YouTube, J House, waarin een karakter haar hare gesny en aan Kansa geskenk het. Ek ken nie iemand wat kanker het nie, maar toe die dogtertjie dit doen, wou ek dit ook graag doen,” vertel die groot-oog Oosskool gr. 1.
Haar hare het op haar lae rug gehang voordat Linda Wentzel van LaPaz dit vir haar gesny het.
“Ek is bly ek het dit gesny en gaan dit nou ‘n bietjie los voordat ek dit weer sny.”
Caroline vertel Linda gee gereeld geskenkbewyse by die skool vir funksies en dus het hulle dit goed gedink om haar te ondersteun.
Hare kan na Kansa se kantore in Collegestraat geneem word.
Vereistes om hare aan Kansa te skenk:
• Jou poniestert moet 25 cm of langer wees.
• Jou hare kan gekrul of reguit wees.
• Hare moet skoon en droog wees.
• Indien jou hare gekleur of behandel is, is dit aanvaarbaar.
• Rastalokke is onbruikbaar.
• Dit is nie nodig om jou hare te vleg nie.
• Bind albei punte van die poniestert met ‘n rekkie vas. As jou hare langer as 25 cm is, maak dit met ‘n rekkie in die middel ook vas.




