POLOKWANE – Die funksie is in die skoolsaal gehou, waar personeel en ouers die geleentheid gehad het om saam met die leerders die prestasies te vier.
Leerders is vereer vir sport, kultuur en akademie.
Lujandré Koegelenberg is die jukskei speler van die jaar.
Damin Bye is die rugbyspeler van die jaar.
Ian van der Merwe is die seuns tennisspeler van die jaar.
Lohandi Schutte is die atleet van die jaar.
Shaun Becker is die senior skaakspeler van die jaar.
Anria de Deer is die dogter hokkiespeler van die jaar.
Mia de Jager is die netbalspeler van die jaar.
Amelie Franken is die kultuur-dogter van die jaar.
JC Holtzhausen is die krieketspeler van die jaar.
Emily Lange is die dogter tennisspeler van die jaar.
Jaco Willmse is die landloop atleet van die jaar.
Die 2019 Dux leerling van PLS is Joshua Robinson.
Redrie Janse van Rensburg is die junior skaakspeler van die jaar.
Charlotte van den Bergh, Skakelbemapte van die skool, sê: “Ons is baie trots op die leerders wat goed presteer het. Dit is lekker om te sien dat daar leerders is wat jaar na jaar goed doen en dat die kompetisie baie straf is.”