Pieties vereer slimkoppe tydens prysuitdeling
Leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) wat gedurende die jaar op akademiese vlak uitgeblink het, is tydens die onlangse prysuitdeling vereer. Die leerders wat in hul onderskeie vakke as toppresteerders aangewys is, is Alida du Preez (lewensoriëntering), Ané Beukes (besigheidstudies), Arina Hattingh (gasvryheidstudies), Bart Oerlemans (rekeningkunde), Carmen Pratt (Afrikaans letterkunde), David Robbinson (geografie), Jahnco Steyn (rekenaartoepassingstegnologie), …

Leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) wat gedurende die jaar op akademiese vlak uitgeblink het, is tydens die onlangse prysuitdeling vereer.
Die leerders wat in hul onderskeie vakke as toppresteerders aangewys is, is Alida du Preez (lewensoriëntering), Ané Beukes (besigheidstudies), Arina Hattingh (gasvryheidstudies), Bart Oerlemans (rekeningkunde), Carmen Pratt (Afrikaans letterkunde), David Robbinson (geografie), Jahnco Steyn (rekenaartoepassingstegnologie), Juané Vorster (Afrikaans stelwerk), Kayla Krause (Engels, ekonomie en gevorderde wiskunde), Magderie Smit (ingenieursgrafika en ontwerp), Mia Schulenburg (Afrikaans), Mika Steyl (geskiedenis), Runé Paxton (wiskunde geletterdheid) en Stephan de Lange (lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en wiskunde).
Die toppresteerders in elke graad is ook aangewys. Hulle is Diana van Niekerk (graad 11), Leana Swarts (graad 10), Tanya Kruger (graad 9) en Izelna Venter (graad 8). Zydra Hattingh het met die trofee as belowendste onderwyskandidaat weggestap.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com





















