Sport-, kultuurpresteerders met trofeë beloon
Hoërskool Pietersburg (PHS) se hoofprysuitdeling is onlangs in die skoolsaal gehou waartydens uitblinkers op sport- en kultuurgebied vir hul uitnemende prestasies vereer is. Op die sportveld was die uitblinkers Chinique Brown (Atleet van die Jaar), Phil Fourie (Boogskut van die Jaar), Bjorn Nel (Fietsryer van die Jaar), Ruwan van der Watt (Gholfspeler van die Jaar), …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se hoofprysuitdeling is onlangs in die skoolsaal gehou waartydens uitblinkers op sport- en kultuurgebied vir hul uitnemende prestasies vereer is.
Op die sportveld was die uitblinkers Chinique Brown (Atleet van die Jaar), Phil Fourie (Boogskut van die Jaar), Bjorn Nel (Fietsryer van die Jaar), Ruwan van der Watt (Gholfspeler van die Jaar), Christine Rossouw (Hokkiemeisie van die Jaar), Braam van den Heever (Hokkieseun van die Jaar), Derick Bezuidenhout (Jukskeispeler van die Jaar), Abigail de Jager (Junior Sportmeisie van die Jaar), Cor Muller (Junior Sportseun van die Jaar), Mericha Hattingh (Krieketmeisie van die Jaar), Tiaan Enslin (Krieketseun van die Jaar), Tewis Willemse (Landloopatleet van die Jaar), Hanré Willemse (Luggeweerskut van die Jaar), Zandri Swarts (Netbalspeler van die Jaar), Brandon Cronjé (Rugbyspeler van die Jaar), Theresa van Staden (Ruiter van die Jaar), Marcelle de Jager (Senior Sportmeisie van die Jaar), Keegan Menzies (Senior Sportseun van die Jaar), Ethan Anderson (Swemmer van die Jaar) en LJ Fick (Tennisspeler van die Jaar). Die Sportspan van die Jaar is die o.16A-hokkiemeisies.
Op kultuurgebied het die volgende leerders met die toptoekennings weggestap: Cara Coetzee (Top Kultuurpresteerder van die Jaar), Aicha Mengouchi en Izelna Venter (Junior Kultuurmeisie van die Jaar), Jacques Pennels (Junior Kultuurseun), Cara Coetzee (Senior Kultuurmeisie van die Jaar) en Gerhard Maré (Senior Kultuurseun van die Jaar).
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



























