Local NewsNews

Ds. Deon groet stad met ‘n ‘ryk herinnering’

Ds. Deon Haumann het op 7 Maart 1980 na Polokwane verhuis en nou, bykans 40 jaar later, verlaat hy die stad met 'n traan en 'n glimlag.

POLOKWANE – “Dit was lekker tye, maar daar was moeilike tye ook, soos toe ek my kollega moes begrawe.”

Deon vertel hy is die jongste van twee kinders, en het ‘n ouer suster.

“Toe my suster gebore is was my pa baie teleurgesteld dat dit nie ‘n seun was nie. My ma het toe aan God belowe as haar volgende kind ‘n seun is, sal hy ‘n predikant word. My pa wou altyd gehad het ek moet eerder ‘n ingenieur word.”

Na Deon sy skoolloopbaan voltooi het is hy lugmag toe, waarna hy aan die Universiteit van Potchefstroom studeer het.

In daardie jare moes studente eers ‘n BA-admissiekursus voltooi voordat hulle tot die kweekskool toegelaat kon word.

Nadat hy sy BA-admissie voltooi het, is hy na die Universiteit van Pretoria waar hy in 1979 sy studies voltooi.

“Ek kon deur die jare by N.G. Kerk Pietersburg Moedergemeente gebruik maak van my ander talente, soos om ‘n besproeiingstelsel te lê, en ek was ook betrokke by die oprig van ons slaghuis wat ons tydens die basaar gebruik. Ek het geleer hoe om ‘n blokman te wees en is dus jaarliks die blokman by die basaar.

Hy onthou die waardevolle insette van die gemeentelede: “Ek onthou hoe oom Piet Nieman my geleer het en teruggestuur het as die been nie kaal genoeg gesny was nie”.

Deon se passie lê by opleiding en dus was die belydenisklasse by die kerk vir hom lekker.

“Ek kan nie ‘n spesifieke groep mense uitsonder in my dankie-sê nie, ek het altyd lekker huisbesoek gedoen en ek vat almal soos hulle kom. Ek het my werk gedoen soos wat dit gekom het en kon my talente ook uitleef.”

Behalwe vir die kollega wat Deon moes begrawe, onthou hy die meer onlangse begrafnis van konst. Pieter de Lange as een van die bitter oomblikke.

“Ek het vir Pieter gedoop, hy het sy belydenis van geloof voor my afgelê, ek het hom en Nelmarie in die eg verbind en ook sy kinders gedoop. Toe moes ek hom ook begrawe. Dit was baie ongemaklik en sleg.”

Deon was ook voorsitter van die kerk se finansiëlekomitee en ook in beheer van die kerk se eiendomme wat alles in ‘n maatskappy is.

“Ek en my vrou, Alta gaan nou in Danabaai woon waar ek gaan opvang op al my leeswerk.

Ek het deur die jare baie boeke gekoop waarby ek nog nie uitgekom het nie. Ek hou daarvan om op hoogte te bly van nuwe tendense in teologie.”

Hy sê hy verlaat die stad met ‘n ryk herinnering.

“Sonder enige spyt. As ek ‘n besluit geneem het, het ek seker gemaak hy is reg. Dinge is nooit grys vir my nie, dit is of reg, of verkeeerd.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button