Jy kan help om ‘n kind se Kersfees-droom te bewaarheid
By Leading Miracles Foundation is drome baie belangrik en hulle poog om al die drome en wense van kinders in verskillende dele van Polokwane waar te maak.

POLOKWANE – Kersfees is ‘n tyd van drome droom en wense wens. Terwyl die grootoog seuntjie kyk na die groot kersboom wens hy om net een keer in sy lewe ‘n speelgoedkarretjie vir Kersfees te kry. Vir sy sussie wens hy ‘n groot sagte teddiebeer met ‘n gladde strik om sy nek maar hy weet, hierdie Kersfees gaan net soos al die ander wees. Daar is skaars geld vir kos, om nie eers van nuwe klere en speelgoed te praat nie. Moedeloos draai hy om, sy drome en wense vir eers weer vergete.
By Leading Miracles Foundation is drome baie belangrik en hulle poog om al die drome en wense van kinders in verskillende dele van Polokwane waar te maak.
Lindie Meyer, stigter van die stigting, vertel hulle hou ‘n 100 Smiles Project. “Ons wil graag basiese items tydens ons besoeke aan die kinders afgee. Ons het ongeveer 20 kinders in Polokwane wat ons wil bederf en dan wil ons graag die Tough Living with Cancer (TLC) saal by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal se kinders ook bederf. Ons wil ons laaste projek teen 17 Desember afhandel.”
Daar is ‘n versoek vir die volgende items:
• Klere vir pasgebore tot 18 jaar.
• Baba items.
• Speelgoed.
• Basiese skryfbehoeftes.
• Nie-bederfbare produkte.
• Higiëniese produkte.
• Sanitêre produkte.
“Geld sal opreg waardeer word, wat ons dan sal gebruik om geskenkpakkies gevul met lekkernye en koeldranke te kry. Hiermee saam gaan ons vir die kinders ‘n Kershoed en ‘n Kerskous gee.”
Bank besonderhede:
Leading Miracles Foundation
Nedbank
Rekening: 118 0311 302
Tak: 14184800
Tjek rekening.
Verwysing: 100 smiles.
Leading Miracles Foundation is ‘n geregistreerde NPO en kan belasting voordeel uitreik.
Com reg: 2018/381593/08
PBO: 930064831
“Ek vra asseblief vir julle help om die glimlagte moontlik te maak. Ons kan reël vir items om gepos te word of koerier.”
Lindie kan gekontak word by 061 348 3601.
Daar is ook ‘n Facebookblad waar hulle vorige projekte gedeel word.




