NewsSchools

Die beste en slegste van skool is:

Tjokkers en Juffers verduidelik vir ons wat hulle van skool geniet en wat nie.

POLOKWANE – Die lewe kan nie net lekker wees nie. Saam met die lekker is daar gewoonlik ‘n sleg ook. So ook met skool en Review het by die Juffers en Tjokkers by Oosskool se gr. R groep gaan inloer om by hulle te hoor wat die lekkerste en die slegste van skool gaan wees.

Anthony Olley: Dit is vir my die lekkerste om partytjie te hou as ‘n maatjie in die klas verjaar maar wanneer iemand stout is, is dit nie lekker nie.
Dylan Jansen van Vuuren: Ek geniet dit die meeste om met klei te speel maar verpes dit om met blokkies te speel.
Amieke Bornman: Die heel lekkerste is om by die speel area by die skool te speel en vir my is dit baie sleg as ek nie my maatjie kan sien nie.
Morné Pretorius: Die lekkerste ding om te doen by die skool is om te verf en ek hou niks van huistoe gaan tyd nie.
Leah van Jaarsveld: Daar is niks sleg by die skool nie en ek geniet dit die meeste om te eet.
Chrizander Ehlers: Dit is vir my die lekkerste om met my maatjies te speel maar dit is baie sleg as my maatjies my seermaak.
Kayla Simpson: Vir my is daar niks sleg by die skool nie en die lekkerste is om te speel.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button