NewsSchools

[KYK] Ghoempies tiekiedraai by Aand van die Sterretjies

Die onderskeie sterregroepe; Aarde, Venus, Saturnus en Jupiter, moet sake uitspook om die beste vertoning te lewer.

POLOKWANE – Vanjaar is die fokus tydens Hoërskool Pietersburg se Aand van die Sterretjies op Afrikaanse Volksverhale. Hierdie tema is deur die hoofleiers gekies en hulle het ook ‘n paar interessante elemente tot die vertonings bygevoeg.

Van die elemente is dat daar ‘n Dozi-liedjie en ‘n lukrake Afrikaanse nuutskepping in die onderskeie sterregroepe; Aarde, Venus, Jupiter en Saturnus, se vertonings moet wees.

Aand van die Sterretjies is ‘n jaarlikse gebeurtenis vir die gr. 8-leerders waar hulle in hulle sterregroepe meeding.

Daar word gesing, gedans en so klein bietjie toneel gespeel – als tot die genot van die in die skoolsaal. Vanjaar se eerste vertonings het Woensdag, 22 Januarie plaasgevind en Review het gaan inloer by Aarde se  opvoering van Boer Soek ‘n Vrou:

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button