NewsSchools

Pieties in aksie tydens gradesport

Hoërskool Pietersburg (PHS) se atlete was vroeg Dinsdagoggend besig op die atletiekveld om in verskeie items hul beste te gee in die hoop om deur afrigters raakgesien te word vir die atletiekseisoen wat voorlê. Die skool hou jaarlikse hul gradesport om die kaf van die koring te skei en deur hierdie proses word die beste …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se atlete was vroeg Dinsdagoggend besig op die atletiekveld om in verskeie items hul beste te gee in die hoop om deur afrigters raakgesien te word vir die atletiekseisoen wat voorlê.
Die skool hou jaarlikse hul gradesport om die kaf van die koring te skei en deur hierdie proses word die beste atlete in elke graad vir die skool se atletiekspan gekies.
Verlede jaar is die graad 10-groep as wenners gekroon terwyl die graad 8-leerders tweede was en gevolg is deur graad 11 in die derde plek.
Teen druktyd was dit nog nie duidelik watter graad vanjaar met die louere sou wegstap nie.
Atlete het nie teruggehou op hul vermoëns nie omdat toekennings soos junior en senior Victor en Victrix Ludorums weer eens op die spel is.
Die Ysterman en -vrou is ook deel van die gradesport waar agt o.19-seuns en meisies aan agt items deelneem om die beste onder hulle te bepaal. Brandon Cronjé en Alida du Preez het verlede jaar met dié titels weggestap.
Leerders wat nie op die veld uitblink nie het hul deel op die pawiljoen bygedra waar hulle om die sangbeker meegeding het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Abigail de Jager gee groot treë tydens die driesprong.
Wian Grobler in aksie met gewigstoot.
Jeanri Grobler tydens driesprong.
JD Roos laat dit maklik lyk in hoogspring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button