NewsSchools

[VIDEO] Pietersburg Laerskool kroon hul Mnr en Mej Valentyn

Deur die loop van die oggend is daar by die skool vir die finaliste gestem en die finale vyf meisies en seuns moes die aand beoordelaars se vrae beantwoord.

POLOKWANE – Die jaarlikse Mnr. en Mej. PLS Valentyn by Pietersburg Laerskool is op 14 Februarie in die skoolsaal aangebied. Daar is hard gekompeteer om met die kroon weg te stap. Die kompetisie tussen die 14 seuns en 15 meisies was straf maar daar kon slegs een wenner in elke kategorie wees.

Deur die loop van die oggend is daar by die skool vir die finaliste gestem en die finale vyf meisies en seuns moes die aand beoordelaars se vrae beantwoord. Dié vrae het oor die finaliste asook hulle toekomsplanne gegaan en die antwoorde was baie oorspronklik.

Teen die einde van die aand is Lethabo Mailula en Mashukudu Masekoameng as vanjaar se Mej. en Mnr. PLS Valentyn aangewys.

Wenners:

Meisies:

1. Lethabo Mailula

2. Cayleigh Carato

3. Marlize Bezuidenhout

Seuns:

1. Mashukudu Masekoameng

2. Wian Smit

3. Marinus Coetzee

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

 
Back to top button