Pieties vier dekade as interhoërwenners
Vir die tiende agtereenvolgende jaar is Hoërskool Pietersburg (PHS) as algehele wenners van die jaarlikse interhoër, wat Vrydag by Hoërskool Louis Trichardt aangebied is, aangewys. Benewens dié prestasie het verskeie atlete met individuele pryse weggestap en die skool se seun- en meisiespan is ook as algehele wenners aangewys. Niel Smit word benoem as junior Victor …

Vir die tiende agtereenvolgende jaar is Hoërskool Pietersburg (PHS) as algehele wenners van die jaarlikse interhoër, wat Vrydag by Hoërskool Louis Trichardt aangebied is, aangewys.
Benewens dié prestasie het verskeie atlete met individuele pryse weggestap en die skool se seun- en meisiespan is ook as algehele wenners aangewys.
Niel Smit word benoem as junior Victor Ludorum, Cor Muller as senior Victor Ludorum en Chinique Brown as senior Victrix Ludorum.
Rinelda van der Linde se prestasie in gewigstoot besorg haar die toekenning as beste senior meisieveldatleet terwyl Tania Roslee en Chinique onderskeidelik as beste junior en senior meisiesbaanatleet aangewys word vir hul topprestasies in die 200 m.
Pieties stap verder weg met die toekennings vir beste spronge, werpe, naellope, middel- en langafstande en aflosse.
Die leerders wat nie op die veld gekompeteer het nie het wel hul deel op die pawiljoen gebring. PHS word aangewys as die skool met die beste voorbereide lied en beste dirigente en ontvang ‘n tweede plek in die kompetisie vir die geesbeker.
Pietie-skoolhoof, Willie Schoeman sê hy is baie trots op die skool se prestasie. “Ons het gewerk vir ‘n tiende agtereenvolgende jaar as interhoërwenners en ons het dit bereik. Dit is ‘n voorreg om my onderwysloopbaan op so wyse af te sluit,” sê Schoeman wat later vanjaar as hoof sal aftree.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

interhoër.











