Noordskool gasheer tydens sportdag
Laerskool Pietersburg-Noord Primary (Noordskool) se sportterrein was Saterdag ‘n miernes van bedrywigheid toe ‘n rugby- en netbaldag by die skool aangebied is. Ouers en spelers van Laerskool Pietersburg (PLS), Laerskool Louis Trichardt en Laerskool Phalaborwa het reeds vroegoggend by die skool opgedaag om teen 08:30 ‘n goeie sitplek op die pawiljoen en om die velde …

Laerskool Pietersburg-Noord Primary (Noordskool) se sportterrein was Saterdag ‘n miernes van bedrywigheid toe ‘n rugby- en netbaldag by die skool aangebied is.
Ouers en spelers van Laerskool Pietersburg (PLS), Laerskool Louis Trichardt en Laerskool Phalaborwa het reeds vroegoggend by die skool opgedaag om teen 08:30 ‘n goeie sitplek op die pawiljoen en om die velde te verseker.
Noordskoolhoof Attie Visagie het sy personeel van harte bedank vir hul harde werk om van die dag ‘n sukses te maak. Hy het ook die besoekers bedank vir hul ondersteuning. “Dis nie of jy wen of verloor nie en of jy jou afrigter en ouers tevrede stel nie. Dit hang af van jou gesindheid en hoeveel jy ingesit het in die wedstryd,” was sy boodskap.
Storie en foto:BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com



