Local NewsNews

[VIDEO] Kommer oor Mookgophong ‘nié tuisbly’

Verskeie inwoners van Mookgophong het Bosveld gekontak omdat hulle besorgd is oor hulle veiligheid aangesien talle mense in die dorp nie die sosiale afstand handhaaf volgens die regulasies van die nasionale inperking nie.

LIMPOPO – ‘n Bekommerde inwoner het aan Bosveld verduidelik dat die gevolge katastrofies gaan wees indien daar nie vinnig ingegryp word nie. Hy meen ook dat mense nie die erns van die virus besef nie en dat een persoon wat ‘n masker dra, so wat 100 mense se lewens kan red.

Marlene van Staden, burgemeester van Modimolle-Mookgophong, het gesê dat die probleem in verskeie munisipaliteite bestaan ​​waar mense nie die regulasies nakom nie.

“Dit bly die verantwoordelikheid van alle burgers om die reëls na te kom,” het Van Staden gesê terwyl sy die honderde klagtes wat ontvang is, bevestig het.

Sy het verder gesê dat Suid-Afrika nie die voldoende polisiebeamptes het om na al die burgers om te sien nie en dat geen nuwe aanstellings gemaak is om met die prosedures te help nie.

Van Staden doen ‘n ernstige beroep op lede van die gemeenskap om die regulasies te volg en die dringendheid van die nakoming daarvan te besef.

“Ons gesondheidsdepartement sal nie tegelykertyd duisende Suid-Afrikaners in kritieke toestande kan hanteer nie,” het sy gesê.

Die inperkingregulasies vereis dat inwoners slegs hulle huise sal verlaat vir die nodige noodsaaklikhede en dat hulle wel handskoene en ‘n masker moet dra.

Inwoners moet ook ten alle tye ‘n afstand handhaaf van minimum 2 meter.

Indien inwoners simptome begin toon kan die Korona Blitslyn gekontak word by 080 002 9999 vir verdere instruksies.

Aangeheg is ‘n video wat aan Bosveld gestuur is.

bosnews@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button