NewsSchools

Capricom Wireless hou PHS se kommunikasie oop

Capricom Wireless voorsien reeds meer as ses jaar gratis internettoegang aan Hoërskool Pietersburg (PHS) en het sy vennootskap met die skool bevestig toe dié diensverskaffer gedurende die Coronavirus inperktyd ingespring het om die skool se internetaansluiting te verdubbel en sodoende addisionele bandwydte te verseker. Volgens PHS se Skakelbeampte, Elmari Craig is kommunikasie tussen die skool, …

Capricom Wireless voorsien reeds meer as ses jaar gratis internettoegang aan Hoërskool Pietersburg (PHS) en het sy vennootskap met die skool bevestig toe dié diensverskaffer gedurende die Coronavirus inperktyd ingespring het om die skool se internetaansluiting te verdubbel en sodoende addisionele bandwydte te verseker. Volgens PHS se Skakelbeampte, Elmari Craig is kommunikasie tussen die skool, onderwysers, ouers en leerders tydens die inperking van kardinale belang en kan dit slegs effektief benut word indien betroubare en voldoende bandwydte beskikbaar is.
“Capricom Wireless se tegniese span was deurentyd behulpsaam om te verseker dat leerders met hul skoolwerk kon voortgaan en dit word op prys gestel. Capricom is verseker ‘n gewaardeerde vriend en vennoot van PHS,” sê Craig.

Story: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button