NewsSchools

Osies leer ‘n ding of twee tydens Boomplantdag

Boomplantdag is 'n tradisie waar Oosskool se gr.1-groep die geleentheid kry om 'n boom te plant.

POLOKWANE – Die leerders van Oosskool se gr.1-groep kry elke jaar die geleentheid om tot een van die skool se gunsteling tradisies, Boomplantdag, by te dra. Vanjaar was nog meer spesiaal aangesien daar nie net een boom geplant was nie.

Die gr.1-leerders is tans verdeel in groepe weens die Covid-19 pandemie. Die groep wat op Donderdag, 3 September by die skool was, het ‘n Vlierboom geplant terwyl die groep wat op Vrydag, 4 September by die skool was, ‘n Wildepruim boom geplant het.

Gideon Pelzer, Skoolhoof, gooi die eerste graaf sand in die nuwe boom se gat.

Skoolhoof, Gideon Pelzer het aan die leerders verduidelik waarom bome belangrik is. “Bome help om die koolstofdioksied wat ons uitasem, uit die atmosfeer te verwyder en dit laat ons skoolgrond mooi lyk. Dit is elkeen van julle se voorreg, en ek sê voorreg, aangesien die ander grade se leerders dit nie doen nie, om deel te wees van ‘n jare lange tradisie. Een dag wanneer julle kinders se kinders hier is, kan hulle sê my oupa was deel van hierdie tradisie.”

Ilze Landman, een van die gr. 1-onderwysers, het meer van die Wildepruim boom vertel, onder andere hoe hy tot 15m hoog word, en hoe sy blare in rosette vorm groei. “Die vrugte is medisinaal en heerlik om te eet,” voeg sy by. Sy het ook verduidelik hoe ‘n boom se bas hom beskerm en kunsmis gebruik word om hom kos te gee. Review het ‘n paar leerders gevra wat hulle geleer het.

Ruan Coetzer: Ek het geleer dat die boombas die suurstof laat uitkom. My pa het my al baie van bome geleer.
Mmachuene Legothwana: Die boom groei met ‘n saadjie en ‘n mens moet vir hom water en boomkos gee. Ek het nog nooit ‘n boom geplant nie.
Zulieke Oberholzer: Ons mag nie die stam van die boom afhaal nie, anders gaan die boom dood.
Mokgaetji Ledwaba: Ek weet nou ‘n boom groei van water en grond. Ek is bly ek kan die boom plant, dit is my eerste keer.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.

Related Articles

Back to top button