Local NewsNewsUpdate

Polokwane man gevind

Francois van Staden (28) is opgespoor nadat hy Saterdagoggend verdwyn het.

‘n Familielid het Woensdagaand dit aan Polokwane Observer bevestig.

“Francois het ons laat weet hy is veilig.”


19 Januarie

Francois van Staden (28) het oudergewoonte Saterdagoggend die huis verlaat om werk te gaan soek.

Hierdie keer het hy nie soos in die verlede teruggekeer nie en sy familie is bekommerd oor hom. “Hy het sy werk ongeveer ‘n jaar en agt maande gelede verloor en het elke dag uitgegaan om werk te soek. Saterdagoggend het hy ongeveer 10:00 uitgegaan vanaf ons huis in Ivydale. Hy het nooit gesê waarheen hy gaan nie, maar sou ons gewoonlik vertel waar hy gaan soek het, sodra hy terugkeer. Ons het al sy vriende en almal waar ons dink hy kan wees, gekontak, maar niemand het hom gesien nie,” sê Francois se pa, Chris.

Francois is geklee in ‘n blou denim, swart hemp, plakkies en ‘n kamoefleerhoed. Hy is redelik kort met kort bruin hare en bruin-groen oë.

Die familie het ‘n saak by die Westenburg Polisiestasie gemaak en enige iemand wat kan help, kan vir Chris by 082 040 3822 of Bekkie by 079 735 6897 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button