Kry jou matriekuitslae só
Registreer vir jou 2020 matriekuitslae met Caxton Local Media.
Caxton Local Media en die Departement van Basiese Onderwys bied vir alle matriekleerders van 2020, ‘n maklike manier om hulle uitslae te bekom.
Ons weet hoe stresvol die wag vir daardie uitslae kan wees, en daarom het ons die proses om dit te kry, vereenvoudig.
Matriekleerders het tot 31 Maart toe tyd om te registreer, deur die volgende stappe te volg:
- SMS jou Identiteits- en eksamennommer na 35658 of;
- Skakel *120*35658# om deur middel van USSD te registreer.
Elke SMS kos R1,50 en USSD kostes beloop R1,50 per minuut. Gratis SMSe en minute geld nie.
Matriekuitslae sal teen 22 Februarie vrygestel word en geregistreerde leerders sal hulle uitslae per SMS ontvang. Daarna sal leerders hulle uitslae per vak kan beskou deur *120*35658# te skakel.
Vir enige navrae oor die registrasieproses; skakel die Caxton Inbelsentrum by 011 504 0008 van Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 17:00.



