NewsSchools

[FOTO’S EN VIDEO] Feesvieringe tydens PHS se netbalwedstryde

Netbalspelers van Hoërskool Pietersburg het gister die bane weer aangedurf en 'n vriendin se verjaarsdag in styl gevier.

POLOKWANE – Linelle O’Reilly se Donderdag was een om oor huis toe te skryf.

Sy kon op 11 Maart saam met die ander netbalspelers van Hoërskool Pietersburg die bane weer aandurf. Hulle het deelgeneem aan vriendelike wedstryde om daardie spinnerakke van die tekkies af te skud.

Die dag was op selfs ‘n hoër noot afgesluit toe haar mede-Pietes vir haar geluk wens met haar verjaarsdag deur vir haar te sing.

Linelle het op die dag 17 geword en haar vriendin, Ruvé Erasmus, het saam met oud-Pietie, Lenize Potgieter, ‘n geskenk en balonne aan haar oorhandig.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button