NewsSchools

Akademie Reformia hou Nagmars

Op 30 Maart het Akademie Reformia se leerders, personeel en ouers deelgeneem aan 'n nuwe tradisie wat Hoof, Hennie Combrink, hoop jaarliks ingestel kan word.

Dit was die heel eerste Nagmars waar almal wat om die veld stap deel neem aan ‘n geldinsamelings inisiatief. Vir elke ronde om die veld word ‘n stapper R5 geborg.
Die geleentheid was versmelt met die Tentedorp en die begin van die skoolvakansie. Die geld wat ingesamel is gaan gebruik word vir nuwe klaskamers en badkamers by Kleinbegin, Akademie Reformia se kleuterskool. Kerse in bruin papiersakke wat vrolik deur die leerders versier is, was om die veld gerangskik en heerlike spookasem was beskikbaar vir energie.

Vir fotos en meer oor die Tentedorp, maak seker jy kry die Polokwane Review.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button