Community galleriesGalleriesLocal NewsNews

Witwarm vermaak by die Winterfees

Na maande se beplanning en besprekings het die Grounded Container Bar & Café Winterfees die afgelope naweek plaasgevind.

POLOKWANE – Reeds van vroeg Donderdagoggend kon die uitstallers hulle stalletjies opslaan en die items wat hulle te koop aangebied het, begin uitpak. Tuin het die vermaak afgeskop, en net daarna het Francois van Coke die verhoog aan die brand gesing.

Vrydag kon feesgangers uitgesien het na die optrede van Dirk van der Westhuizen, wat ook videos vir KykNet geskiet het, asook Juan Boucher, Riaan Benadé en Jay wat die gehoor kom vermaak het. Selfs die koue kon nie die aanhangers keer om handtekeninge te vra nie.

Swerwer het Saterdag se pret afgeskop en daarna het The Barbosa Experience gesorg vir lekker dansmusiek. JP Zeelie Live het sy slag op die verhoog gewys voor Pietman Geldenhuys die skare laat lag het met sy skreeusnaakse staaltjies. Franja du Plessis en Brendan Peyper het hulle skare jong aanhangers se drome waar laat word en Elandré, met sy diep stem, het ‘n warm afsluiting vir die aand gebied.

Sondag het Karlien van Jaarsveld en Jo Black die fees afgesluit met meer bekende asook nuwe liedjies.

Loer na die foto’s:

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button