Local News

Rol in Silwerskermfilm vir Anika (15)

Call of the Wild is die breinkind van Brett de Groot en Anika Barnard is die eerste blinde persoon wat aan die klanksafari-ervaring deelneem.

POLOKWANE – Wanneer ‘n mens ‘n wildtuin of natuurreservaat besoek, maak jy gewoonlik staat op jou oë om alles in te neem – die sonsondergang, ‘n trop olifante en ‘n leeu wat sy prooi bekruip is slegs ‘n paar dinge wat waargeneem kan word tydens ‘n besoek.

Alhoewel Anika Barnard (15) onlangs in die wildernis gekuier het, het sy niks van hierdie gebeurtenisse of enige iets anders raakgesien nie.

Anika is sonder oë gebore en was mishandel en verwaarloos voordat Santie en Kobus Barnard haar aangeneem het.

Sy is nooit aan enige stimuli soos klank, tas of selfs sonlig blootgestel nie.

Haar aanneemouers het egter gehelp om deure vir haar oop te maak, en na vele operasies om glasoë vir haar te kry, lewe sy nou haar lewe voluit – soveel so dat sy onlangs die hoofrol in ‘n dokumentêre film vir KykNet se Silwerskermfees vertolk het.

Call of the Wild is die breinkind van Brett de Groot.

Dit is nie altyd dat ‘n mens dink aan hoe ‘n besoek aan die wildtuin sal wees vir iemand wat nie kan sien nie.

“Hierdie dokumentêr is uniek deurdat dit ontwerp is om beide ‘n visuele en ouditiewe ervaring te bied. Ons wou seker maak dit bied volle toeganklikheid vir blinde kykers sowel as bekwame sienende kykers en gehoorgestremdes.”

Brett verduidelik dit is die eerste gedokumenteerde safari vir gesiggestremde mense.

“Anika is die eerste blinde persoon wat aan die klanksafari-ervaring deelneem. Die verfilming het by die Ditsong Nasionale Museum van natuurgeskiedenis, en in Hoedspruit plaasgevind. ”

Brett erken as regisseur was dit vir hom ‘n nuwe uitdaging om met ‘n blinde persoon te werk.

“Iemand wat kan sien is heeltyd bewus van die kamera en so ook dan bewus van hulle gesigsuitdrukkings en lyftaal. Ek moes Anika laat ontspan en seker maak sy volg my stem sodat sy moet weet waar om te kyk. Dit was ‘n ervaring soos min ander. Hierdie is nie ‘n hartseer storie oor iemand wat blind is nie, maar eerder ‘n ongelooflike voorbeeld van hoe bekwaam ‘n blinde persoon kan wees.”

Vir die opnames moes Anika ten minste 60 verskillende voëlklanke kon identifiseer. Sy het ook gehoor hoe elke dier sy kos kou en die verskillende geluide wat seekoeie maak.

“Dit was lekker toe ek die seekoeie kon sien en hulle geluide hoor,” het sy opgemerk.

KykNet Silwerskermfees se blou tapyt is net so gewild soos Hollywood se rooi tapyt en bied ‘n platform vir nuwe films, dokumentêre films aan. Call of the Wild word op 25 Augustus by die Bay Hotel in Kampsbaai bekendgestel, en die film sal op DSTV se Catchup en Showmax beskikbaar wees.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button