Local News

Countryskoffel laat geld inrol vir DBV

Anita Blignaut, nuutverkose voorsitter van die DBV Polokwane raad sê die aand was 'n reuse sukses een hulle het meer as R60 000 ingesamel.

POLOKWANE – Terwyl Billie Forrest, bekende Countrysanger se stem oor die luidprekers speel, kuier gaste heerlik by die DBV Countryaand saam. Dié aand, met Jessie Boston en Sonicka van der Westhuizen wat ook op die verhoog was, is onlangs ten bate van die DBV gehou.

Div Nel saam met sy familie, Sonja, Sonika Nel en Jaden Coetzee.

Anita Blignaut, nuutverkose voorsitter van die DBV Polokwane raad, verduidelik aan gaste waarom dit belangrik is om gereeld skenkings aan die DBV te maak.

Marina Botha, Corné de Beer en Linette van der Walt geniet die aand saam.

“Toe Mollie Hawken oorlede is, is haar geld in ‘n trustrekening inbetaal. Die bepalings van die rekening is dat 60% van die opbrengs per kwartaal na die DBV gaan en 40% vir bejaardesorg. Dit werk vir ons uit op so R155 000 per maand, waar ons uitgawes R240 000 is. Die verskil maak ons op deur geldinsamelingsfunksies en skenkings.”

Sonicka van der Westhuizen vermaak die gaste.

Sy verduidelik verder dat die DBV se werk nie net met honde en katte is nie, maar dat hulle regoor die Capricorndistrik met diere soos donkies, perde, beeste, skape en selfs hoenders werk. Hulle besoek gereeld landelike gedeeltes waar hulle toesien dat diere nie mishandel word nie.

Riaan Smit en Jacques Pelser van die BB Motorgroep het ‘n besonderse groot bydrae vir die DBV veiling gemaak. Hier is hulle saam met Karin Koekemoer, DBV komiteelid.

“Sou ons by iemand kom wat hulle dier mishandel, kan ons nie die dier net eenvoudig verwyder nie. As ons nie die eienaar kan oortuig om hom aan ons te oorhandig nie, dan moet ons ‘n magistraat nader en ‘n lasbrief kry. Dit is ook om hierdie rede dat ons aandring dat mense hulle diere laat steriliseer. Die geld wat ons inkry dek brandstof, lone, medikasie en kos.”

DBV verteenwoordiger, Karen Britz, saam met Sorina Neethling.

Aan die einde van die aand is daar ‘n veiling gehou waar Riaan Smit en Jacques Pelser van BB Motorgroep en Sorina en Neethling Steenkamp ruim bydraes gemaak het.

Sandy Smith en Delene Cronjé is gereed vir ‘n lekker aand. Links: Jessie Boston en Billy Forrest.

Blignaut sê die aand was ‘n reuse sukses.

Cara van der Merwe en Travis Anderson.

“Daar was 270 gaste en ons het R40 000 met die veiling ingesamel. Ons het verder R22 000 met die kaartjieverkope ingekry, en altesaam R62 000 se wins gemaak.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button