Local News

Pa en dogter maak familierestaurant oop

Met die restaurant streef hulle om ‘n omgewing te skep waarin gesinne ‘n maaltyd saam kan nuttig, in ‘n privaat omgewing.

POLOKWANE – Met ‘n liefde vir kook en die samesyn van familie en vriende, het Lara Kroeze saam met haar pa, Jan Oosthuizen hulle sente omgedraai, gespaar en einde verlede jaar die Mamre Family Restaurant op die Roodepoortkleinhoewes oopgemaak.

Mamre, verduidelik Lara, is ‘n direkte Bybelse verwysing van die plek Mamre, en dus ook hulle gulhartigheid.

“Ons slagspreuk is ‘where flavour meets family, our culinary oasis’, wat spreek van die restaurant se verbintenis om heerlike disse in ‘n welkome, gesinsvriendelike omgewing te bedien, bykans soos in ‘n oase.”

Die kleinhoewe waar die besigheid geleë is, besit hulle reeds vir meer as 20 jaar, verduidelik Jan.

“Ons skep hier ‘n nalatenskap vir ons familie. Die restaurant het vir ons ‘n spesiale betekenis as ‘n familie, omdat ons dit juis kon oopmaak hier waar ons al so lank woon. Ons bedien vir mense disse wat hulle laat voel hulle eet tuis, so dis tuisgemaakte disse weg van jou huis af.”

Met die restaurant streef hulle om ‘n omgewing te skep waarin gesinne ‘n maaltyd saam kan nuttig, in ‘n privaat omgewing.

“My visie was om ‘n plek te skep waar gesinne en families welkom voel, en waar hulle tyd saam kan deurbring. Met Lara se insette het ons ‘n atmosfeer geskep wat stil is, skoon, oop en familievriendelik, sodat ouers kan ontspan terwyl hulle kinders veilig is,” verduidelik hy.

Die Mamre-familierestaurant bedien ‘n verskeidenheid disse wat pizzas, burgers, pasta en topklas vleissnitte insluit.

“Ons raad aan aspirant-restaurateurs, is om ‘n passie vir kos te hê. Vind jou nismark, doen jou marknavorsing, stel ‘n besigheidsplan op, kies die regte plek, fokus op kwaliteit en maak seker jy stel ‘n gekwalifiseerde, toegewyde span aan,” sê Jan.

Hy sluit af: “‘n Besigheidseienaar moet sy of haar finansies ook goed kan bestuur, aanpasbaar wees in omstandighede, belê in bemarking en promosies, en luister na klante se terugvoer. Dit, en die storms deursien is die perfekte resep”.

Geleenthede wat by die restaurant sal plaasvind: Polokwane Boeremark (1 Junie), wat die eerste van sy soort by die restaurant sal wees.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button