POLOKWANE – ‘n Aand gevul met magiese vermaak het Vrydagaand op ondersteuners van die Vida DanÇa dansers gewag.
Tydens dié glansgeleentheid het die dansers in groepe of individueel gewys wat hulle geleer het deur die jaar. Hulle kon ook hulle talente, wat bygedra het tot vele pryse by die kompetisies die afgelope jaar, ten toon stel.
Megan Henning en Ruan Otto in die Latin Fusion Adult Class.
Ntando Radzilani geniet haar gate uit op die verhoog.
Jeanique Koster tydens haar solo dans.
Kimberley Roodt in aksie op die verhoog.
Jeanique Koster aan die einde van haar dans.
Miandi Nieuwenhuis met haar hip-hop item.
Kimberley Roodt tydens haar ballet dans.
Amy en Elzaan Parker tydens hulle duet.
Ruan Otto in aksie op die verhoog met NY 64.
Miandi Nieuwenhuis voltooi haar hip-hop item.
Amieke Bornman eindig haar groep se dans af.
Amieke Bornman, Steffanie Harmse en Keagen Owen tydens hulle hip-hop 24K Magic. Regs: Kimberley Roodt tydens haar ballet dans. Links: Shanae Engelbrecht tydens haar vertoning op die verhoog.
Ruan Otto tydens Under Red Skies.
Ruan Otto en Amy Scott tydens hulle dans item, Recovery.
Lene de Beer eindig haar dans af.
Ruan Otto en Amieke Bornman tydens Under Red Skies.
Shanae Engelbrecht tydens haar vertoning op die verhoog.
Dansers het gesorg vir asem-ophou-oomblikke soos hulle oor mekaar gespring het of mekaar hoog in die lug opgetel het. Danse wat uitgevoer is sluit in hip-hop, Latynse dans, ballet en kontemporêr.
Van kleuters tot volwassenes het gewys wat in hulle steek met egalige bewegings wat luide applous uit die gehoor gelok het.
“Ons is baie trots op hierdie dansers en sien uit na die Limpopo kampioenskappe op 27 September by Weesgerus,” het Megan Henning, eienaar en afrigter by Vida DanÇa, opgemerk.