Local News

Polokwane se haweloses word gepamperlang

Die Street Shower inisiatief gee weer waardigheid aan 100 haweloses deur aan hulle 'n warm stort, haarversorging en mediese andersoeke te voorsien.

POLOKWANE – Die meeste inwoners geniet ten minste een keer per dag ‘n warm stort of bad, afhangende van die watersituasie.

Diegene wat op straat woon, is egter nie so gelukkig nie en gaan dikwels vir maande en selfs jare sonder om skoon te kom.

Kosmos Angels en Heart-Drive/Heart-Cycle het die afgelope naweek ‘n Hawelose Stort-geleentheid gereël waar die haweloses kan stort.

Bertie Nel, organiseerder van die geleentheid sê daar is ongeveer 100 mense wat van die geleentheid gebruik sou maak en 80 vrywilligers het hulle tyd afgestaan om te help.

Elke persoon is verwelkom met ‘n warm koppie koffie en iets om aan te kou. Daarna is hulle hare gesny en die mans se baarde ook. Van hier af beweeg hulle na die klere tafel waar elkeen ‘n uitrusting kry voor hulle ‘n vinnige vyfminuutstort kan neem. Daarna kon hulle sit vir ‘n verfrissende voet- en handbehandeling waarna hulle die geleentheid gekry het om hulle CV opgestel te kry.

Hulle is ook ingelig van die gevare van dwelmmiddels en hoe om hulp te kry. Hulle bloeddruk en suiker is gemeet en hulle kon daarna heerlik saamkuier.

“Ons sal die dag nie kan uitrig as dit nie vir ons borge was nie. Sonder hulle is dit net nie moontlik nie. Die dag is daar om net ‘n bietjie menswaardigheid aan hierdie mense terug te gee. Dit is die tweede keer dat ons die geleentheid hou en ons hoop om volgende jaar nog meer mense te help.”

Borge wat bedank word:

• Rotary Pietersburg 100.
• Talisman Hire.
• Thompson Panelbeater.
• Sanca.
• Westenburg Anti Drug Campaign.
• Addict Voice van Alberton.
• Back2Basics.
• Jasmyn Drums.
• FNB.
• Curry Den.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button