POLOKWANE – Nie almal is gemaklik daarmee om voor mense te sing, dans of toneel te speel nie, en dit is dikwels ‘n gewoonte wat aangeleer moet word.
Hiermee in gedagte het Frieda Lombaard van Frieda se Dansskool verlede week twee van haar dansgroepe die geleentheid gegun om stadig maar seker gewoond te raak aan ‘n gehoor.
Die jong dansers van Osieteddies, asook die gr. R-groep het danspassies op die maat van musiek geleer.
Met nuuskierige ouers wat kon toekyk hoe hulle dans het die dansers die vloer hulle s’n gemaak.
“Ek wil graag aan die ouers wys wat hulle kinders deur die jaar geleer het, en dit is vir die dansers ‘n geleentheid om hulle selfbeeld te versterk,” het Frieda gesê.
Chevelle Veldman, Mieke Lavender, Mia Maré, Orianna Detremmerie, Angel Shivambo, Amber-Rose Mostert en Leja Jordaan saam met dansjuffrou, Frieda Lombaard.
Iné Delport het die regte houding vir die verhoog. Regs: Orianna Detremmerie vermaak die gehoor met haar dansie.
Orianna Detremmerie vermaak die gehoor met haar dansie.
Lyra Prinsloo wys die gehoor wat sy alles kan doen.
Zelcke Visser staan vir ‘n oomblik stil tydens haar dansie.
Mieke Lavender swaai haar boude tydens haar dansbeurt.
Dansjuffrou Frieda Lombaard saam met Angel Shivambo.
Elné Neuhoff eindig haar dans met ‘n prentjie.
Milah Oosthuizen is vol selfvertroue op die dansvloer.
Olivia van Zyl loer in haar ma se rigting na haar dansbeurt.
Amber-Rose Mostert se kat-naboots-dansbeweging.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!