Local News

Juf. Marli laat PHS se dramadept ‘juig’

Marli Oosthuizen, die Engels- en drama-onnie van PHS se energie borrel oor en haar passie vir die lewe is aansteeklik.

POLOKWANE – Met haar kenmerkende frase, “Laat dit juig!” verlaat Marli Oosthuizen die gesprek en vir ‘n oomblik is dit asof die stilte oorverdowend is.

Dié Engels- en drama-onnie van PHS se energie borrel oor en haar passie vir die lewe is aansteeklik.

“Ek is na my hoërskoolloopbaan by Hoërskool Menlopark na die Noord-Wes Universiteit se Potchefstroomkampus waar ek B.A. kommunikasie studeer het. Ek wou baie graag ‘n oorlogverslaggewer word. Ek is lief vir joernalistiek en is gaande oor skryf.”

‘n Paar jaar na sy haar studies voltooi het, het sy by Hoërskool Willowridge in Pretoria begin skoolhou, en daarna het die pad haar na Kaapstad, Vietnam en Taiwan geneem voor sy weer in Pretoria en later hier in Polokwane begin wortels indruk het.

“Ek het drama as vak op skool gehad, en selfs toneelstukke geskryf en die regie behartig. Ek verkies om agter die skerms te wees. Ek was ook by ons koshuistoneel betrokke. My eerste storie was oor die Waterkloof Vier. Ek het die storie vanuit hulle ma’s se oogpunte vertel, maar kon ongelukkig nie die stuk inskryf nie, want ek hulle regte name gebruik.”

Sy sê haar plan was om Engels in Taiwan aan te bied, maar saam met dit het die drama gekom.

“Die kinders daar is baie meer inkennig as kinders in Suid-Afrika.”

Terug hier het sy by Pretoria High School for Girls aangesluit en daar haar liefde vir drama oorgedra.

“Ek is lief vir Afrikaans en skryf in Afrikaans. Dit is die taal van my hart en die taal waarin ek my sin vir humor kan uitbeeld. Drama het vir my op skool baie beteken. Ek is opgewonde om van Januarie die dramadepartment by PHS op die been te bring.”

Marli het onlangs by PHS vier produksies op die planke gebring waarvan een, Salomé, haar baie na aan die hart lê. “Ek fokus op humor, want die lewe is swaar genoeg, ‘n mens wil soms net graag vergeet.”

Sy glo almal kan toneel speel. Haar eie idees word dikwels in haar drome gebore en sou sy deur die nag wakker word, skryf sy dadelik die idee en droom neer. Sy wil egter nie in die bedryf wees nie, maar eerder met jongmense werk.

Vir die dramadepartement het sy reeds baie planne, soos om vier toneelstukke te skryf.

“Ek is baie opgewonde om die dramajuffrou te wees, dit is al wat ek wil doen. Met dié departement gaan ons meer talent sien en ook sien hoe elke leerder groei en ontwikkel. Ek is baie krities op myself en los iets sommer voor dit nie perfek is nie. Dit maak dat die akteurs soms kort voor hulle op die verhoog moet gaan, nog veranderinge moet aanleer.”

Marli het onlangs die Piet-My-Vrou, PHS se koerant, uit ‘n diep slaap laat verrys en met die hulp van leerders kollegas en die Review-koerant, kon hulle al twee uitgawes uitgebring.

Sy is ook verantwoordelik vir Kardoesie, Lenteliedjie, die personeelkonsert, Mnr en Mej. PHS, debat en spanredenaars, wat sy self skryf en afrig.

Net een frase om dié bottel energie op te som: “Sy juig!”.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button