Local News
Teddies ‘vang’ graad
Leerders by Osieteddie het hul mylpale by hul onlangse gradeplegtigheid gevier wat ook die einde van hul vroeë leerreis was.
POLOKWANE – Verlede week het die Beregroep van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum hul ouers en onderwysers in trane gehad, toe daar met heimwee teruggekyk is oor hulle jare by dié skool.
Dit was tyd vir die jaarlikse gradeplegtigheid, en almal het dié medaljeplegtigheid waarlik geniet.
Die kleuters het eers die skoollied gesing waarna hulle nog drie liedjies aan hulle ouers voorgedra het.
Na afloop van die gradeplegtigheid het elke kleuter ‘n lekker stywe druk en ‘n groot geskenk van hulle juffrou ontvang.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.