Local News
Water spat by Reffies-afsluiting
Reffies-leerders het hul laaste skooldag met bietjie waterpret in die son en springkastele deurgebring.
POLOKWANE – Waatlemoen, water en sonskyn was op die spyskaart vir die laaste skooldag by Akademie Reformia verlede week.
Leerders het die dag op die rugbyveld deurgebring waar hulle mekaar met watergewere kon spuit, op springkastele kon spring en op waterwurms gegly het.
Teen die tyd dat hulle mae begin grom het van hongerte, was die yskoue waatlemoen gesny en kon hulle hulself knuppeldik daaraan eet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.