Local News

Dié Tommie ken van enjins en ratte

Janco Raaths (17) is passievol oor motorwerktuigkundiges en het onlangs die eerste plek in die Sasol Vaardigheidskompetisie verower.

POLOKWANE – Janco Raaths het reeds op ‘n baie vroeë ouderdom geweet hy wil aan trekkers en swaarvoertuie se enjins werk en dus was die enigste logiese roete vir hom om te volg, om ‘n Tommie te word.

Dié 17-jarige leerder aan Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het terwyl hy ‘n kaalvoetlaerskoolseun was, besluit hy wil graag met sy hande werk, veral aan motors, en om dit te leer sou hy by Tommieland moes aansluit.

“Ek het reeds terwyl ek in Pietersburg Laerskool was saam met my ooms gewerk en sodoende besef ek het ‘n passie vir hierdie werk. Dit is ook waarom ek motorwerktuigkunde as rigting gekies het.”

Janco het onlangs deelgeneem aan die Sasol Vaardigheidskompetisie, waar hy ‘n hommeltuig en R3 000 Builders Warehouse geskenkbewys ontvang het vir sy eerste plek in motorwerktuigkunde.

“Die lekkerste vir my is om heeltyd iets nuuts in die veld te leer. Wanneer jy iets regmaak, dan leer jy ook hoe dit werk. As ek iemand anders moet oortuig dat wiskunde belangrik is vir hierdie rigting, sou ek vir hulle verduidelik dat ek wiskunde nodig het om die krag wat ‘n kar se enjin gee te bereken. Ek self leer nog, maar ek kan hier en daar ‘n probleem self optel en regmaak.”

Janco beoog om na skool as vakleerling te begin werk.

“Die projek waarop ek die trotsste is, was toe ons die kompressietoets gedoen het waar ek geleer het wat kan gebeur as ‘n enjin slegte kompressie het. Buite die skool het ek geleer om ‘n enjin oor te bou en ek kan met trots sê daardie enjin werk steeds.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button