Local News

Bekende Rugbyreus, John Williams sterf

Johannes Gerhardus ‘John’ Williams het in sy senior provinsiale rugbyloopbaan in Suid-Afrika vir Noord-Transvaal gespeel en as slot vir die Blou Bulle uitgedraf.

MOKOPANE – Die alombekende oud-inwoner Johannes Gerhardus ‘John’ Williams, die eerste Springbokafrigter nadat Suid-Afrika weer tot die internasionale arena toegelaat is ná isolasie, is verlede Donderdagoggend in die ouderdom van 78 oorlede na ‘n stryd teen bloedkanker.

Williams is op 29 Oktober 1946 in Johannesburg gebore en min mense weet dat hy sy hoërskoolloopbaan in die hartjie van die ou-Transvaal voltooi het by Hoërskool Piet Potgieter en ‘n volbloed Pottie was.

Williams was ‘n kranige slot en onverskrokke lynstaanspringer. Hy het in sy senior provinsiale rugbyloopbaan in Suid-Afrika vir Noord-Transvaal gespeel en as slot vir die Blou Bulle uitgedraf.

Hy het sy toetsbuiging vir die Springbokke in 1971 teen die Franse op 12 Junie 1971 in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein gemaak.

Hy het ook toetswedstryde teen Australië in 1971, Engeland in 1972, die Britse Leeus in 1974 en die 1976 teen die All Blacks gespeel en het in ‘n verdere 11 toerwedstryde gespeel en een drie vir die Springbokke gedruk.

SOUTH AFRICA – UNDATED: John Williams of the Springboks playing rugby in South Africa. (Photo by Wessel Oosthuizen/Gallo Images)

Williams was van 1987 tot 1991 die Noord-Transvaalse afrigter en het elke jaar sy span na die Curriebeker-eindstryd gevat.

Noord-Transvaal het drie van die eindstrydwedstryde gewen: in 1987, 1988 en 1991 en in 1989 het hulle die titel met die Westelike Provinsie gedeel. In 1992 is Williams as Springbok-afrigter aangestel.

Williams is van sy pligte onthef nadat hy die span tot slegs een oorwinning in vyf wedstryde gelei het. Hy het in die middel-1990’s teruggekeer om die Bulle af te rig.

Hy het egter die rugbyveld vir sy familieplaas, Mayholme verruil, en het die laaste 20 jaar op die grens van Botswana in Limpopo geboer. Sy eerste vrou, Martie, is in 2003 oorlede.

Die egpaar het drie kinders, Elmien, Lianie en Boeta gehad.

Williams het na Martie se dood met Mariana getrou, wat saam met hom die plaas bedryf het.

John was ‘n ware rugbyman en ‘n sagmoedige reus, iemand wat terug geploeg het in die spel selfs nadat hy sy stewels opgehang het. Hy het deurgans ‘n getroue Springbok- en Bullondersteuner gebly.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button