Local News

Van Niekerk-jaagbroers sien uit na dié wedren

WB van Niekerk vertel dat die trio aan al vyf die nasionale hotrodtoerwedrenne deelgeneem het vanjaar.

MOKOPANE – Die Van Niekerk broers WB, Edwin en Rian se harte is beslis in die motorwedrenne.

WB vertel dat die trio aan al vyf die nasionale hotrodtoerwedrenne deelgeneem het vanjaar, en danksy hulle geesdrif het hulle ‘n hele paar keer in die top drie posisies geëindig.

WB van Niekerk in aksie op die renbaan.

“Die eerste wedren was in Richardsbaai, daarna by Mahem in Pretoria en die derde een by The Rock in Brakpan. Die vierde wedren was by die Bosveld Wedrenklub in Mokopane en die laaste een by Star Raceway in Klerksdorp.”

Hy voeg trots by dat die drie broers in die finale ronde, in die top vyf posisies geëindig het, “wat ons laat kwalifiseer om in Januarie in Kaapstad teen internasionale deelnemers te gaan deelneem”.

Hulle is baie opgewonde oor dié uitdaging.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button