Local News

Idees vir buitespeel dié vakansie

Die vakansie kan lank raak vir kinders, veral as hulle met Jan Tuisbly se karretjie moet kry.

POLOKWANE – Alhoewel almal uitsien na die lang somervakansie, kan die dae soms lank raak, veral vir die kinders en veral as hulle met Jan Tuisbly se karretjie moet ry.
Polokwane Review het na aktiwiteite gaan soek waaraan ouers en hulle kinders hierdie vakansie kan deelneem.

Baie lesers spandeer graag tyd saam met hulle kinders in die kombuis waar almal kan deel in die pret.

Leslie-Ann Oosthuizen sê sy en haar dogter, Clara-Belle bak sommer kolwyntjies in hulle pajamas.

Clara-Belle Oosthuizen is hard besig om kolwyntjies te maak.

‘n Ander ma sê sy bou ‘n hindernisbaan rondom die huis waar haar drie kinders van verskillende ouderdomme hulle energie kan uitspeel. Hier word aktiwiteite soos fiets ry, swem, klim en klouter geïnkorporeer.

‘n Ander ma vertel, sy en die kinders neem ‘n uitstappie waar hulle gladde klippe optel en dan by die huis gaan verf. Of hulle bou ‘n paddatuin, kompleet met huisies. Dan kan daar sommer ook goggas gevang word. ‘n Monster Truck-baan is ook gewild vir kinders wat van buite speel hou.

Clara-Belle Oosthuizen is besig om die kolwyntjiedeeg te meng.

Verkykers, gemaak uit ou toiletrolle, is gewild om voëls in die tuin te soek, “ons bou verkykers uit ou toiletrolle, en dan gaan soek ons voëls”.

“Ons hou daarvan om toneel te speel en hou gereeld konsert. Die kinders leef hulleself so in die stories in. Dit is ook ‘n manier hoe ons agterkom daar is boelies of fout in jou kind se lewe. Ons speel deur die dinge wat ons pla,” verduidelik ‘n ander ma.

Clara-Belle Oosthuizen met haar kolwyntjie.

Soms is die dae net te warm vir buite speel of dit reën dalk, en dan moet kinders binneshuis besig gehou word. Hier kan kussings en lakens of komberse ingespan, en tente gebou word waarbinne daar gespeel of selfs gelees word.

Meisies geniet ‘n teepartytjie met ‘n teestel en soetkoekies daarby.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button