Local News

Oud Polokwane inwoner sterf in George

David Coetzer se vrou, Retha, sê sy groot passie was om mense kos te gee en te hoor en sien hoe smaaklik hulle smul aan veral sy braaivleis.

POLOKWANE – David Coetzer (62), wat op 30 Desember na ‘n kort siekbed in George oorlede was, was ‘n bekende inwoner van die stad nadat hy vir 20 jaar as hoofadministratiewebeampte aan die Polokwane Munisipaliteit verbonde was.

Coetzer het naskool teologie aan die Universiteit van Pretoria studeer en daarna by die Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit. Hier was hy vir 15 jaar staandemaglid en het die mag as samajoor verlaat.

Hy en sy gesin het bykans 10 jaar gelede na George verhuis waar hy sy passie vir kos met mense gedeel het, as bestuurder van ‘n restaurant in Mosselbaai in die hawe.

Sy vrou, Retha, sê sy groot passie was om mense kos te gee en te hoor en sien hoe smaaklik hulle smul aan veral sy braaivleis.

“David was ‘n omgeemens, ‘n toegewyde pa en oupa. Hy het ‘n hart van goud gehad en kon nie maklik nee sê nie. Hy was pligsgetrou en nie bang om hard te werk nie.”

As ‘n saamgestelde familie was daar vier kinders, drie seuns – Dawie, Conrad en Wouter – en ‘n dogter, Nastasha. Daar is vyf kleinkinders waarop hy baie trots en lief voor was. Hulle is Robyn, Reese, Tiandro, Ethan en Nuvinke.

“As man was David sensitief en liefdevol en het baie maklik vergewe. Sy dood het as ‘n groot ontnugtering gekom aangesien hy van gesond na sterf aan hartversaking binne drie weke beweeg het. Hy was ‘n geliefde mens en dit was maklik om met hom te gesels. Hy het baie maklik gelag en grappies gemaak.”

Coetzer word oorleef deur sy skoonma Martie, vorige vrou, Annemarie, huidige eggenoot Retha, sy kinders en kleinkinders sowel as sy susters, Hanlie, Mary-Ann en sy broer, Hannes.

“David sal onthou word vir sy absolute liefde vir sy Skepper en sy gesin. Mag hy in vrede rus by sy Skepper wat hom vir ons geleen het.”

‘n Gedenkdiens is op 9 Januarie gehou.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button