Local News

Bosbokke vat die wen by HTS-Bokkesport

Dié onlangse atletiekbyeenkoms het groot rekords opgelewer, asook massadeelname van die skool se atlete.

POLOKWANE – Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se jaarlikse Bokkesport is verlede Maandag by die skool gehou, met leerders wat in vier groepe verdeel is naamlik die bosbokke, springbokke, rooibokke en blesbokke.

In hulle onderskeie groepe het atlete aan items soos naellope, langafstande, hekkies, hoogspring, verspring, diskus, gewigstoot en spiesgooi deelgeneem.

Rekords verbeter:

• Nashwin Nagel stel ‘n rekord op in die hoogspring vir seuns o/16 met 1.8m.

• Nashwin Nagel stel ‘n rekord op in die verspring vir seuns o/16 met 6.19m.

• Bokang Dikgale stel ‘n rekord op in die verspring vir seuns o/15 met 5.78m.

• Grace Mamabolo stel ‘n rekord op in die 200m vir meisies o/17 met 31.25.

• Pitjeng Maleka stel ‘n rekord op in die 100m vir seuns o/16 met 11.37.

• Tricia Malungani stel ‘n rekord op in die verspring vir meisies o/17 met 4.74m.

• Orefile Magoro stel ‘n rekord op in die spiesgooi vir meisies o/16 met 31.96m.

• Ruan Vollgraaf stel ‘n rekord op in die spiesgooi vir seuns o/16 met 45.32m.

Uitslae:

1. Bosbokke: 758.5 punte.

2. Springbokke: 610 punte.

3. Rooibokke: 599 punte.

4. Blesbokke: 562.5 punte.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button