Local News

Mercia het ‘n passie vir beweging en gesondheid

Plaaslike gekwalifiseerde biokinetikus Mercia Scheepers help pasiënte om pyn te verlig, mobiliteit te verbeter en hulle algehele gesondheid te bevorder.

POLOKWANE – Mercia Scheepers is ‘n gekwalifiseerde biokinetikus wat haar passie haar loopbaan gemaak het.

“Ek het nog altyd ‘n passie vir gesondheid, beweging en die verbetering van mense se lewenskwaliteit gehad,” vertel sy.

Sy het vroeër vanjaar by Chris Herbst Biokinetics begin werk en gaan spoedig op ‘n weeklikse basis by SAVF Martha Hofmeyr na die inwoners se wel en weë omsien.

As ‘n biokinetikus fokus sy op die voorkoming, behandeling en rehabilitasie van beserings en chroniese toestande deur middel van oefening. “Ek doen evaluerings om ‘n pasiënt se fisiese toestand te bepaal, ontwerp programme spesifiek vir hul behoeftes, en help hulle om sterker, meer funksioneel en pynvry te word. My werk behels ook die verbetering van sportprestasie en die voorkoming van toekomstige beserings.”

Oor die redes waarom ‘n mens ‘n biokinetikus gaan sien sê sy daar is ‘n hele lys.

  • Aanhoudende gewrigs- of spierpyn.
  • Beperkte mobiliteit of styfheid.
  • Sportbeserings of herhalende beserings.
  • Spierswakheid of wanbalanse.
  • Swak postuur of rugpyn.
  • Verswakte balans of koördinasie.
  • Chroniese kondisies, soos artritis, diabetes, hartsiekte, hipertensie, en so meer.
  • Post-chirurgiese rehabilitasiebehoeftes.
  • Beseringsvoorkoming vir sport of daaglikse aktiwiteite.
  • Lipiedprofiel of glukose-metings.
  • Gewigsbestuur.
  • ‘Prehab’ voor chirurgie.
  • Begeerte om fisiese fiksheidsvlakke te verhoog.
  • VALD-dinamometer toetse/sessies
  • Vir verskillende mediesefondse se gewigsbetuur toetse en sessies.

“Biokinetika en fisioterapie is aanvullend tot mekaar, maar daar is ‘n belangrike verskil. Fisioterapeute fokus gewoonlik op die aanvanklike fases van beseringsbehandeling, hulle gebruik tegnieke soos masseer, elektroterapie en mobilisasie om pyn en inflammasie te verminder.”

Biokinetika tree na hierdie fase in en gebruik oefenterapie om krag, stabiliteit en funksie te herstel en toekomstige beserings te voorkom.

“Nog ‘n belangrike verskil is dat biokinetika nie net beserings behandel nie, maar ook ‘n sterk rol speel in die voorkoming en bestuur van nie-oordraagbare siektes soos diabetes, hoë bloeddruk, hartsiektes en osteoporose. Gereelde, spesifieke oefening kan die risiko van hierdie siektes aansienlik verminder. Ons ontwerp oefenprogramme om pasiënte te help om hul algehele gesondheid te verbeter. ”

Mercia verduidelik watter kliniese toestande deur bionkinetika gehelp en bestuur kan word:

  1. Sarkopenie of spierverlies: “Mense verloor gemiddeld 3-8% spiermassa per dekade ná 30. Dit lei tot swakheid en ‘n verhoogde risiko vir val-beserings. Weerstandsoefeninge help om spiermassa te behou en funksionele onafhanklikheid te verleng.”
  2. Osteoporose: “Dit is ‘n toestand waar beendigtheid afneem, wat weer die risiko van frakture verhoog. Oefeninge soos gewigdraende aktiwiteite en weerstandsoefeninge bevorder beendigtheid en verminder die risiko van osteoporotiese frakture.”
  3. Artritis, osteoartritis en rumatoïede artritis: “Artritis veroorsaak gewrigspyn en styfheid, wat beweging beperk. Lae-impakoefeninge soos waterterapie, rekoefeninge en ligte weerstandsoefeninge help om gewrigsmobiliteit te verbeter en pyn te verminder.”
  4. Hartsiektes en hoë bloeddruk of hipertensie: “Gereelde fisiese aktiwiteit verbeter hartfunksie, help om bloeddruk te verlaag en verminder die risiko van hartsiektes. Kardio-oefeninge soos stap, swem en fietsry bevorder gesonde bloedvloei en hartgesondheid.”
  5. Diabetestipe 2: “Bejaardes met diabetes het ‘n hoër risiko vir komplikasies soos senuweeskade en swak bloedsirkulasie.”
  6. Balans- en valrisiko: “Een uit vier bejaardes val jaarliks, en valbeserings is een van die groot oorsake van hospitalisasie. Biokinetiese oefeninge soos balans-, kernstabiliteit- en propriosepsie-oefeninge, help om balans te verbeter en die risiko van valbeserings te verminder.”

Lees meer oor Mercia in hierdie week se Observer.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button