Local News

Anuska (15) in Turkye vir breinoperasie

Anuska is net na haar aankoms in Turkye in die hospitaal opgeneem, en bloedtoetse en ‘n MRI-skandering is reeds gedoen.

POLOKWANE – Die 15-jarige Anuska Deyel is tans in Turkye waar sy in die volgende paar dae ’n lewensreddende breinoperasie sal ondergaan.

Anuska is onlangs met ’n hoëgraadse, kwaadaardige breingewas gediagnoseer, ’n anaplastiese talamiese oligodendroglioom (graad 3) wat diep in haar brein geleë is.

Die gewas groei vinnig en het reeds ernstige komplikasies veroorsaak. Volgens haar ma, Natanya, was daar min behandelingsopsies oor, maar om op te gee was nie ‘n opsie nie.

Lees meer: 15-jarige Hoërskool Pietersburg-leerder veg teen aggressiewe breingewas

Sy het ‘n geldinsamelingsveldtog van stapel gestuur om die R600 000 wat benodig word, in te samel.  Dié bedrag is binne slegs ‘n paar dae ingesamel, waarna reisreëlings onmiddellik getref is.

Anuska Deyzel op die vliegtuig.

Teen 18:30 Vrydagaand was ma en dogter aan boord van die vliegtuig, waar Anuska rustig in haar sitplek kon lê. Kort ná hul landing omstreeks 04:30 is sy direk na die hospitaal geneem en opgeneem. Bloedtoetse is gedoen en ’n magnetiese resonansbeelding (MRI)-skandering is uitgevoer.

Natanya se suster, Monique van Geyn, hou familie en vriende in Suid-Afrika op hoogte van gebeure.

“In hierdie stadium sien ons die dokter Maandag. Ná die operasie sal Anuska tussen agt en tien dae in die hospitaal bly, waarvan twee dae in die intensiewesorgeenheid sal wees. Natanya slaap by haar in die hospitaal,” het sy gesê.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button