Local News

Potties bejaardes geniet lagdag met ‘Boemelaars’-tema

Bejaardes by Potties het ‘n prettige 'Boemelaars'-dag geniet, met humor, skaterlag en kreatiewe kostuums wat aktiewe veroudering vier.

MOKOPANE – Lede van die Dienssentrum vir Bejaardes het onlangs gewys dat hulle miskien oud is, maar nog glad nie koud is nie.

Die inwoners het baie pret gehad toe hulle deelgeneem het in ‘n lekker, lawwe lagdag.

Die tema van die prettige dag was ‘boemelaars’, en het omtrent gesorg vir hope pret en skaterlag.

Pret en kreatiwiteit bring lag na die dienssentrum

Die lede se kos was in ‘n bierboks bedien met een slukkie ‘swart koffie’ in blikbekers.

Van die lede en personeel het hul beste boemelaaruitrustings aangetrek en selfs by die verkeerslig gaan staan en ‘bedel’ vir ‘n geldjie.

Johan Oberholzer met sy geldblik.

Van die bordjies het gelees: “Help, Ons is oud en vra asseblief donasies.”

Cheryl Greyvenstein geniet die boemelaarsdag.

By die Dienssentrum vir Bejaardes glo hulle in aktiewe veroudering en daar word deurlopend geleenthede geskep waaraan inwoners aktief kan deelneem.

Die dienssentrum is ‘n organisasie sonder winsbejag en wat elke dag ‘n bord kos aan die bejaardes voorsien teen ‘n minimale tarief, en waar die finansies altyd ‘n uitdaging is.

“Enige skenking, groot of klein, word opreg waardeer.

“Die gemeenskap se hulp en ondersteuning sal vir die Dienssentrum van onskatbare waarde wees,” vertel Ita Smith, dienssentrum bestuurder.

As dit op jou hart is om die bejaardes te help, kontak die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes by 015 491 5747.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button