Local News

Hansies se ‘Battle of the Bakkies’ groei van krag tot krag

Hoërskool Hans Strijdom se Battle of the Bakkies het groot belangstelling gelok en geld ingesamel vir die skool se rugbyspanne.

MOKOPANE – ‘Battle of the Bakkies’ het in 2025 begin as ‘n geldinsamelingsidee vir Hoërskool Hans Strijdom se o/16-rugbyspan, aldus Johan Oelofse, ‘n ouer by die skool.

Groot belangstelling en ondersteuning

“Die sukses en aanvraag daarvoor was so hoog dat daar besluit is om dit ‘n deurlopende projek vir Hansies-rugby te maak,” het hy vertel.

Johan, self ‘n renjaer in sy tyd, en Martin van Heerden, ‘n onderwyser by die skool, vertel trots dat die ouers en die senior rugbyspelers hande gevat het en alles self gedoen het.

Shane Bouwer met sy Ford Raptor ontvang die prys vir die bakkie van die dag.

Deelnemers van regoor die land

Meer as 50 deelnemers, wat van plekke soos Klerksdorp, Brits, Groblersdal, Pretoria en Mokopane gekom het, sowel as plaaslike mans en vroue, het op die Nylsvlei-wildterrein van Simon Prinsloo, ‘n voormalige Hansie-leerder en groot ondersteuner van die skool se rugby, bymekaargekom om hul vaardighede te wys.

Bertus Ruytenberg se Nissan 1-tonner is as die klankbaanwenner vir die dag aangewys.

Informele trofeë sorg vir pret

“Hierdie jaar is daar besluit om nie formele klasse te hê nie, maar eerder ‘n paar informele trofeë soos die rookmasjien vir rook, die klankbaan vir die meeste geraas, die kettie en klip vir iemand wat hul voertuig die meeste geniet en die ‘underdog’ vir die deelnemer wat onverwags goed presteer, om maar net ‘n paar te noem.”

Johannelize du Toit met haar Ford Raptor, ontvang die prys as die vinnigste vrou.

Groter en beter volgende jaar

Die suksesvolle dag is afgesluit met die hoofprys vir die vinnigste vrou en die bakkie van die dag, en Joe Black het die toeskouers deurgaans vermaak.

Die organiseerders, ouers en leerders het die toeskouers en deelnemers bedank vir die suksesvolle dag.

“Dankie vir die genade van geen beserings nie, dankie aan elke deelnemer, ondersteuner en die Naboom-gemeenskap wat ons so goed ondersteun. Volgende jaar gaan ons nog groter en beter.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button