Afrikaans in die Bosveldfees lok skares met musiek en pret
Hoërskool Pietersburg se jaarlikse fees in Polokwane het Demi Lee Moore en Zaan Sonnekus op die verhoog verwelkom, met kosstalletjies en vermaak vir oud en jonk.
San-Marie Brown en Marzel Vermaak geniet een van die ritte in die pretpark.
POLOKWANE – Die jaarlikse Afrikaans in die Bosveldfees by Hoërskool Pietersburg het Saterdag weer feesgangers gelok vir ‘n middag en aand vol musiek, kos en geselligheid.
Feesgangers het reeds vroegmiddag op die rugbyveld begin plek inneem vir die feesprogram, wat plaaslike talent en bekende Afrikaanse kunstenaars op die verhoog gehad het.
Modisha Legodi en Manare Setati is opgewonde vir die Afrikaans in die Bosveldfees.
Musiek vir oud en jonk
Net Frederick en Plain Jane het die gehoor opgewarm voordat Demi Lee Moore en daarna Zaan Sonnekus opgetree het.
Frederick Fourie van Net Frederick tydens die vooroptrede.
Plain Jane, bestaande uit Jessica Roets-Hattingh en Adri Roets-Ferreira, verskaf musiek voor Demi Lee Moore se optrede.
Kosstalletjies en pretparkritte
‘n Verskeidenheid kosstalletjies het gesorg dat feesgangers genoeg keuses gehad het, terwyl ander uitstallers produkte soos boeke, speelgoed en selfs beddens te koop aangebied het.
Jos Fouché en Tammie van der Vyver geniet die fees saam. Sussies en beste vriendinne Chani en Merissa Brittion kuier saam by PHS se Afrikaans in die Bosveldfees.
Jonger feesgangers kon hul energie by die gewilde Pietie Pretpark met sy adrenalienbelaaide ritte uitleef.
Ané Brown ry op die perdjie terwyl haar ma, Sumarie, by haar staan.
Feesgangers sien uit na volgende jaar
Claudette en Sanet du Plessis kuier saam met Claudette se seun, Abrie Kleingeld.
Henk Botha en sy gesin het die fees vir die derde agtereenvolgende jaar bygewoon en was beïndruk met die dag se verrigtinge.
“Hierdie is die derde jaar wat ons dit bywoon, en PHS het weereens nie teleurgestel nie. Die atmosfeer is ongelooflik lekker en jolig, en ons sien beslis uit na volgende jaar,” het Botha gesê.
My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.