Schools

Afkoeltyd by Akademie Reformia

Akademie Reformia-leerders het Vrydag die geleentheid gehad om in die water te speel en ysies te eet wat hulle by die gr. 1-3- entrepreneursdag koop.

POLOKWANE – Wanneer die son warm op die skoolgrond bak is leerders gewoonlik nie baie lus vir leer nie. Hulle droom van swembaddens, ysies en ander maniere om af te koel.

Lika von Landsberg en Lenise Fouché by hulle tafel. Inlas: Francois Hoogendyk word natgegooi.

By Akademie Reformia het die leerders Vrydag die geleentheid gehad om in die water te speel met ‘n waterwurm en ysies te eet wat hulle by die gr. 1-3 entrepreneursdag kon koop.

Francois Hoogendyk word natgegooi.

Leerders van die grondslagfase het alleen of in groepe op items besluit wat hulle wou verkoop. Hulle moes ook plakkate maak om hulle produkte te adverteer en seker maak daar is genoeg produkte sodat hulle nie te vinnig uitverkoop nie. Natuurlik was die ouers gereed om hand by te sit sou dit nodig wees.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button