Schools

Teddies in die ruimte

Om Osieteddies se les oor rotsmassa, die sterre en ander planete af te sluit kon die kleuters aantrek asof hulle die maan sou besoek.

POLOKWANE – Saans wanneer die son reeds lankal gesak het, helder die maan die aarde op.

By Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum het die kleuters verlede week meer van hierdie rotsmassa, die sterre en ander planete geleer. Om die les af te sluit kon hulle aantrek asof hulle self die maan sou besoek.

Ulrich Woller, Ruwan Venter en Deon van Alleman in hulle maanpakke.

Behalwe vir ‘n hele paar ruimtevaarders, was daar vreemde vlieënde wesens, vuurpyle en sterrestelsels.

Amyri van der Merwe se sterrerok het haar laat uitstaan terwyl Viné Engelbrecht as ‘n vuurpyl aangetrek het.

Amyri van der Merwe is ‘n ster.

Die kleuters is dit eens dat die maan nie van kaas gemaak is nie en daar bly glo ook nie ‘n man op die maan nie.

Lika Erasmus in haar ruimte-uitrusting.

Philip Wolhüter sê die maan is van klippe gemaak en jy kan slegs met ‘n vuurpyl daarheen reis.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button