Schools

PHS rol eerste hibriede mat vir astro uit

Die astroturfbaan het ‘n beperkte rakleeftyd van ongeveer sewe tot 10 jaar, afhangend van hoeveel voete daaroor in ‘n jaar beweeg.

POLOKWANE – In Oktober het Hoërskool Pietersburg se droom om ‘n hibriede astroturfbaan te bou, begin gestalte aanneem en voorverledeweek is die eerste mat van dié nuwe hibriede astroturf uitgerol.

Opgewonde hokkiespelers asook Adolf Ellis, skoolhoof, Ina van der Merwe, adjunkhoof, Shawn Cross, hokkie organiseerder, en Glen Groenewald, beheerliggaam: sport, het saam met verteenwoordigers van die Trompie Groep, die eerste mat oor die oppervlak laat rol.

Die Trompie Groep is ‘n sportveldkonstruksiegroep wat die astroturf vervaardig en lê.

PHS was 10 jaar gelede die eerste skool in die provinsie wat ‘n astroturfbaan gebou het. Verskeie skole het in die afgelope 10 jaar van die baan gebruik gemaak vir oefeninge en wedstryde en groot hokkietoernooie is op die baan gespeel.

Die nuwe astroturfmatte is gereed om uitgelë te word.

In 2020 het die skool se beheerliggaam begin beraam aan die bou van die hibriede astrotrufbaan.

“Die astroturfbaan het ‘n beperkte rakleeftyd van ongeveer sewe tot 10 jaar, afhangend van hoeveel voete daaroor in ‘n jaar beweeg. Omdat PHS vir baie lank die enigste astro in Polokwane en aanvanklik in Limpopo gehad het, het dit buitengewoon baie verkeer gedra en ons het altyd geweet die tyd gaan kom om hom oor te doen,” sê Glenn Groenewald, die beheerliggaam se ondervoorsitter wat die skool se sportportefeulje oorsien.

Tradisionele astroturfbane kan gewoonlik net droog of net nat aangewend word. Die hibriede baan kan as beide speeloppervlaktes aangewend word. Omdat Polokwane van tyd tot tyd sukkel met watervoorsiening, beoog PHS om ongeveer 85% van die tyd die baan as ‘n droë astro benut.

Opgewonder hokkiespelers en personeel rol die eerste astroturfmat van die hibriede baan uit.

Indien die skool Limpopofinale of dalk selfs Noodvaaltoernooie hier aanbied, kan die baan natgemaak word om aan die vereistes van dié tipe toernooie te voldoen.
Cross sê die spel verander wanneer die turf nat is. “Die spel is baie vinniger en die bal hop meer gelyk.”

Die beplanning is om die astroturf teen Januarie voltooi te hê, betyds vir die hokkieseisoen. Die hokkieveld by die koshuis word ook ‘n astroturfbaan met die astromat wat van die hoofastroturfbaan af kom, maar aangesien PHS ‘n skool is waar gr,12-nasieners vraestelle merk, is die werk aan die koshuisveld eers tydelik gestaak.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button