Schools

Met witbordpen in hand, word Nadia du Preez ‘n superheld

Tussen haar eie kinders, Arno en Romé, en haar leerders het Nadia du Preez geleer hoe belangrik emosionele veiligheid is vir leer.

POLOKWANE – Gr. 2-onnie Nadia du Preez glo in kalmte en deernis, en dat die onderwys ‘n roeping is.

Dié gr. 2-onnie van Akademie Reformia, met haar rustige teenwoordigheid, is die anker van haar klaskamer – en skerts dat sy soms sommer haar eie seun, Arno, ook daar in toom moet hou!

Nadia sê haar liefde vir kinders en onderrig was van jongs af deel van haar.

“Die invloed wat ‘n onderwys op ‘n kind se lewe het, het my altyd diep geraak,” vertel sy.

“En elke dag kry sy kans om daardie invloed positief uit te leef, danksy haar klas én haar persoonlike superkrag: ‘n liefde vir skryfbehoeftes!

Om ma en juffrou vir dieselfde kind te wees, is nie maklik nie.

“By die skool is ek juffrou, en by die huis is ek net mamma. Die geheim lê in balans, grense en goeie tydsbestuur.”

Tussen haar eie kinders, Arno en Romé, en haar leerders het Nadia geleer hoe belangrik emosionele veiligheid is vir leer.

“Soms moet jy met ‘n snaakse stem praat, of soos ‘n energieke mens dans, en dan floreer hulle.”

Maar moenie dink haar dag is ooit stil nie.

“Ek word wakker met voetjies in my gesig, jaag na verlore skoene, gee klas met my witbordpen soos ‘n superheld, en aan die einde van alles val ek aan die slaap terwyl ek probeer onthou waar ek my koffie – van gisteroggend – neergesit het,” lag sy.

Wanneer dit rof raak, sê Nadia tel sy eerder tot 10… of selfs 20.

Sy glo in selfregulering en bewus wees van haar eie emosies, veral sodat sy die kinders beter kan ondersteun. En die grappies hou nooit op nie: “’Juffrou, bly jy by die skool?

Jy’s altyd hier’, het ‘n leerder my eenkeer gevra. Of dié verskoning vir ‘n huiswerk:

‘Ek het dit gedoen, maar toe besluit ek dis nie goed genoeg vir juffrou nie’”.

Op die plaasstoep, met die kinders wat bal skop en die son wat sak, vind sy weer asem.

“Dit is in daardie oomblikke wat ek dankbaar is, en onthou hoekom ek alles doen, soos vir die Here.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button