SchoolsSchools galleries
CVO matriekleerders groet in 007-styl
Die rooi tapyt is verlede Vrydag uitgerol vir die matriekleerders van die CVO Skool Potgietersrus vir die jaarlikse matriekafskeid.
MOKOPANE – Met die tema ‘007’ het al 14 matrieks saam met hul metgeselle, soos sterre gestraal.
Hoofmeisie Isabel Peens het in haar toespraak dank betuig aan haar klasmaats, die skoolhoof, onderwysers en ouers. Hoofseun Herman Potgieter het die aand spesiaal gemaak deur aan elke klasmaat ‘n unieke eienskap toe te dig.
Hy het met trots sy tyd by die skool afgesluit as hoofseun van die CVO Skool Potgietersrus, ‘n titel wat hy waardig gedra het.
Skoolhoof Jan Harmse het die geleentheid saamgevat met die beeld van ‘n pakkie speelkaarte:
“Deel reg uit, en jy sal wen,” – ‘n boodskap wat die matrieks as lewensles saam met hulle kan neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

















