Opinion

RUSPLEKKE, RIGTINGWYSERS: Werk God net wanneer ons bid?

Ek hoor soms dat mense sê: As ons nie bid nie kan God nie werk nie. So asof ons God deur ons gebede kan beheer.

Ek hoor soms dat mense sê: As ons nie bid nie kan God nie werk nie. So asof ons God deur ons gebede kan beheer.

God is nie in ons diens nie. Ons is in syne en om te bid is om aan te meld vir diens en te hoor waar God ons wil gebruik.

As ons die Onse Vader bid (Matteus 6), laat U koninkryk kom, en as ons sing, Laat U Ryk Heer Deur Ons Kom, en ons lewe iets anders, dan lewe ons ‘n leuen.

As ons nie bid en werk nie, nie bid en doen nie, dan lewe ons ‘n leuen.

Een van my professore het gesê: “Hy wat twee maal bid en nie werk nie, het tweemaal gedwaal. Hy wat twee maal werk sonder om te bid, het tweemaal gevloek, maar hy wat bid én werk, het tweemaal gebid.”

‘n Vriend stuur vir my ‘n e-pos waarin ‘n jong man en Jesus saam op ‘n bankie in die park sit. “Here, waarom laat U dinge toe soos hongersnood, oorlog, lyding, siektes, misdaad, haweloosheid, wanhoop en ander slegte dinge in die wêreld toe,” vra die jong man. “Dit is van uiterste belang dat jy die vraag vra,” antwoord Jesus. “Ek was op die punt om vir jou presies daardie selfde vraag te vra!”

Friedrich Nietzsche, wat die Christendom gereeld gekapittel het sê: “God se kinders sal meer na Hom moet lyk as hulle wil hê ek moet in God glo.”

Dalk het dit tyd geword dat ons as Christene onsself konfronteer met Jesus se teenvraag aan die man op die bankie in die park.

Hoekom is daar soveel pyn en lyding in die wêreld, en wat doen ek daaraan?

Kom ons aanvaar ons opdrag om Sy nuwe ryk nader te lewe. Kom ons, as Christene, leef anders.

Kom ons staan op teenoor hulle wat uitbuit en misbruik. Kom ons staan op teen strukture en stelsels wat mense onderdruk.

Die tyd waarin ons nou lewe is nie maar net die tyd tot aan die einde van alles nie. Wie glo dat God alles eendag met swael en vuur gaan vernietig sal min doen om anders te leef. Hoekom dan die moeite doen?

Die tyd waarin ons nou lewe is die tyd om met ywer en entoesiasme aan te gaan waarmee Jesus 2 000 jaar gelede begin het tot op daardie dag wat God alles finaal kom nuut maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button