LettersOpinion

BRIEF: Fees, maar die mense bly weg

MOKOPANE – MOKOPANE, wat is fout? Jy wat eens in die verre verlede ‘n spogdorp was, is nou strate van rommel en gate. Wat het van die inwoners geword? Het al die bekendes getrek en is daar nou net vreemdelinge wat nie bekend is met ons dorp se tradisie en gebeure nie? Ek vra ‘n …

MOKOPANE – MOKOPANE, wat is fout?

Jy wat eens in die verre verlede ‘n spogdorp was, is nou strate van rommel en gate.
Wat het van die inwoners geword? Het al die bekendes getrek en is daar nou net vreemdelinge wat nie bekend is met ons dorp se tradisie en gebeure nie?
Ek vra ‘n paar kinders, weet julle waar is die museum, of die monument, neem julle ouers julle na die verskeie uitstallings en funksies op die dorp en die antwoord is nee!
Wanneer ek vra wat doen julle dan oor naweke, is die antwoord eenvoudig, ons ouers braai en ons speel televisie speletjies of jol met ons vriende.
Ek hoor graag van verskeie mense dat in Mokopane gaan daar niks aan nie en mense ry vir vermaak Polokwane of Johannesburg toe.
Was die gemeenskap bewus dat daar verlede naweek ‘n Dierebeskermingsvereniging musiekfees by die Mokopane Laerskool was ten bate van ‘n fondsinsameling vir die DBV?
Weet julle dat die organiseerders baie moeite gedoen het, maar die dorp het ontbreek. So word menige funksies aangebied, maar dit word nie bygewoon nie. Geen wonder die biltongfees en die jaarlikse skou het doodgeloop nie. Dit wil vir my voorkom asof die gemeenskap nie in gesonde vermaak belangstel nie.
Ek laat sak my kop in skaamte as die inwoners van Polokwane en Modimolle my vra, waar is die inwoners van Mokopane hoekom woon hulle nie die funksies op eie bodem by nie? Vir my word dit in een woord opgesom: skandelik!
Alles word aan ‘n handjie vol mense oorgelaat en dan word hulle pogings nie eens ondersteun nie. Mense julle moet wakker skrik! Die wêreld soos julle hom ken is besig om te verander, maar eendag gaan julle agterkom julle het alles verloor. Spyt kom gewoonlik ongelukkig te laat.
Die DBV musiekfees, was ‘n dag vir ten bate van die gemeenskap, maar die mense het besluit om nie op te daag nie. Wat is julle verskoning?
Groete
Kai Smit, ontstoke inwoner

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button